PC Vermaak is nie ‘n onbekende naam in die musiekbedryf nie. Hy is ‘n ervare kitaarspeler vir kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Barto. Maar, nou slaan PC die rigting in as solo kunstenaar met sy eerste enkelsnit “Bars En Laat Aande” wat beskikbaar is vanaf 25 Julie 2025 met ‘n musiekvideo.