PC VERMAAK SE BARS EN LAAT AANDE

PC Vermaak is nie ‘n onbekende naam in die musiekbedryf nie. Hy is ervare kitaarspeler vir kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Barto. Maar, nou slaan PC die rigting in as solo kunstenaar met sy eerste enkelsnit “Bars En Laat Aande” wat nou beskikbaar is met ‘n musiekvideo.
 

Hoekom “Bars en Laat Aande”?

Hierdie liedjie gaan oor my eks meisie. Ek het nooit uit gegaan en gaan kuier tot laat aande nie. Ons paaie het geskei en toe haak ek bietjie uit. Nou is dit bars en laat aande” vertel PC.
 
Hierdie liedjie is geskryf deur PC Vermaak en Emil Paul. Hugo Ludik het magic gemaak met die vervaardiging van hierdie liedjie wat jy definitief meer as een keer gaan luister.
 

Jy gaan vasgevang word met lirieke soos “En nou’s dit stil in die aande, Jou parfuum word nou vervang met die rook van sigare”.

Met lirieke soos hierdie, kan ons verstaan hoekom PC ook ‘n pen het vir gedigte wat hy gereeld op sosiale media deel.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter