Posduif is ‘n 6 stuk Suid-Afrikaanse musiekgroep wat ‘n boodskap van hoop bring. Hulle vier graag samesyn en goeie tye. Hulle glo in outentike, opregte en toeganklike waardes. Hulle is ‘n goeie groep wat goeie musiek maak vir goeie mense! Hierdie unieke en energieke groep word met ope arms op van Suid-Afrika se gewildste verhoë ontvang. Die afgelope twee jaar het Posduif skare laat saamsing en dans onder andere Weiveld, Heroes, Padstal en The Daisy Jones Bar at OMG.