VERSKOON DIE WOORDSPELING, MAAR DIT "REËN" CATCHY HOOKS. HIERDIE SONG JAAG DORP TOE!

Dit leun in die hiper-pop rigting met al die oor-lekkergoed. Dit het daai pop-punk tempo, maar dit is so bietjie soeter. Niks van daai selfbejammerende nonsens nie. Dit smeek jou om nie by die verlede stil te staan nie. Dit is opwindend en onverbiddelik-energiek in sy aanslag.

Op die oomblik voel dit nie soos ’n begeerte nie, maar ’n behoefte. Ons het agteruit gegaan en hierdie gee jou toestemming om weer vorentoe te beweeg. Dit is daai wakker-word song. Soos ’n koppie moerkoffie vir jou gemoedstoestand. “As jy vir my kyk, Wil ek beter lyk, As wat ek was, Ek was ’n skobbejak”. Dit is ’n liedjie oor berou en ek sal hulle elke keer vergewe.

Reen_Media

SKOBBEJAK

REËN FT. REFENTSE

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter