KOM KUIER SAAM BY DIE BOEREBAL

Refentse sluit die jaar op ‘n hoogtepunt af met ‘n eksklusiewe partytjie-uitnodiging vir jou om sy gas by ‘n ‘Boerebal’ te wees. ‘Boerebal’ is ‘n Afrikaanse Glansgeleentheid gevul met biltong, Klippies & Coke, goeie musiek en ‘n sokkie-jol van formaat. Refentse het vir homself ‘n unieke plek in die Afrikaanse folklore uitgekap en is opgewonde om hierdie somerknal by sy repertorium te voeg.

‘Boerebal’ is ‘n hoë-energie-lied wat herinner aan sy partytjie-treffers ‘Oom Faan Se Plaas’ en ‘Vuil Vanderbijl’ – twee van sy vele enkelsnitte wat Goue Status behaal het. Verwag om hierdie SAMA-topverkoper se nuwe liedjie ‘Boerebal’ by elke Afrikaanse geleentheid te hoor hierdie Somer en te partytjie tot die son op kom.

BoerebalMedia

BOEREBAL

REFENTSE

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter