EN 'N MUSIEKVIDEO VIR BEAUTY OF AFRICA

’n Moderne, post-apartheid Suid-Afrikaanse film, Angeliena, is vanaf 8 Oktober 2021 wêreldwyd op Netflix te sien. Die rolverdeling, wat met sterre besaai is, volg die reis van ’n voorheen hawelose motoroppasser, Angeliena, wat met ’n dodelike siekte gediagnoseer is en nou haar lewenslange droom om te reis, gaan bewaarheid.

Angeliena se vol pret familie storie handel oor liefde vir jouself, om geld te maak, terminale siekte, egskeiding, die natuur, vriendskap, swaarkry, armoede, reis, skoonheid, aantreklike dokters, ons geliefde Nelson Mandela, ’n liefde vir plante, drome en om GOED GENOEG te wees.

Netflix se nuutste “vervaardig-in-Suid-Afrika”-rolprent bevat sterre van die hele plaaslike Suid-Afrikaanse televisie- en filmbedryf in die hoofrolle, ondersteunende rolle en kameerolle deur akteurs soos Euodia Samson, Tshamano Sebe, Colin Moss, Kuli Roberts, Thapelo Mokoena, Nicole Madell, Marciel Hopkins, Schalk Bezuidenhout, Sandra Prinsloo en Toya Delazy – om net ’n paar te noem. Refentse se liedjie vanaf sy album ‘Liefdegenerasie” genaamd ‘Beauty Of Africa’ is die fokus-liedjie van dié film en het ook ‘n musiekvideo gekry. 

Die debuutfilm is deur die bekende, multibekroonde Suid-Afrikaanse film-maker, Uga Carlini geskryf, vervaardig en geregisseer, kort na haar bekroonde, hibriede vollengteprent, Alison.Angeliena is ’n lewensegte, Suid-Afrikaanse storie, wat vertel word deur Nelson Mandela se hedendaagse reënboognasie, om ons ’n kant van die land en haar mense te wys wat ons nog nooit gesien het nie. Dit is ’n huldeblyk aan die nalatenskap wat hierdie land en sy goeie mense vir ons almal agterlaat, ’n nalatenskap wat ons kan uitprobeer.”

ANGELIENA IS NOU TE SIEN OP NETFLIX.

BEAUTY OF AFRICA

ANGELIENA LOKPRENT

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter