5 JAAR EN HY IS HIER OM TE BLY

Hierdie week vier ons Refentse se eerste Afrikaanse album ‘Deur My Venster’ wat in 2017 sy debuut gemaak het. Hierdie juweel het Album van die Jaar en Digitale Album van die Jaar gewen, onder andere by die Ghoema Musiektoekennings wat duidelik ‘n merk in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak het. ‘n Skatkis van nuwe skeppings, verweef met die immergroen legends wat die vuur van hierdie sielvolle taal aanvuur in die gees van diegene wat daarna luister vir dekades. Klassieke snitte sluit ‘Anoret’ en ‘Vuil Vanderbijl’ en ballades soos ‘Melans Mnel’, ‘Sal Jy’, en ‘Jané Vir My’ – skeppings uit Refenste se eie pen wat wys dat musiek en skryf deel is van dié talentvolle sanger se DNA. Legendariese goue oues, sowel as meer onlangse gunstelinge, word briljant – sielvol en met ‘n hernieunde  energie vertolk en wissel van Koos Kombuis se ‘Lallie’, Karen Zoid se ‘Engel’, Dozi se ‘Pennies Op Die Spoor’, Koos du Plessis se ‘Sprokie vir ‘n Stadskind’, ‘Die David Kramer Medley’ en ‘Breyten Se Brief’ deur Jan Blohm tot Laurika Rauch se ‘Stuur Groete Aan Mannetjies Roux’. Hierdie album is een met ‘n ryk en diverse identiteit, so sit terug, onstpan en geniet ‘n ‘trip down memory lane’.

Refentse_DeurMyVenster

DEUR MY VENSTER

REFENTSE

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter