REG, HIER IS ARIANA MET HAAR NUWE ENKELSNIT!

Nadat Ariana suksesvol “Memories” gemaak het, voel Ariana “Reg” vir iets nuuts.

Reg” is ‘n storie oor iemand wat jou hartseer raaksien en alles wil reg maak – al was dit nie hulle wat jou hartseer veroorsaak het nie. Hulle sien jou vir wie jy is of vir wie jy kan wees.
 
Die liedjie is ook met ‘n musiekvideo vrygestel wat verfilm was op ‘n plek waar Ariana op haar gemaklikste is en vry voel. In die vlaktes waar die stof speel met musiek.
 
Ariana het die liedjie saam met ervare liedjieskrywers Stephan van Huyssteen en Emil Paul geskryf en Hugo Ludik (Muse Studios) het dit vervaardig met ‘n opgewekde folk klank wat jou die geleentheid sal gee om dit “Reg” te doen op die dansvloer.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter