Richann Brüssow het bekend geraak op kykNET se Boer Soek ‘n Vrou en ook as deel van die musiek-duo Reën. Met treffers soos “Skobbejak” en “Vrystaat Vlaktes” op Reën se kerfstok is Richann nou gereed om sy eerste solo-enkelsnit “Plaaskat” vry te stel.
“Plaaskat” is uit Richann se eie pen en is ook vervaardig deur Murray Lubbe, dieselfde produksiehuis agter Reën se lys treffers.
Maak gereed vir ‘n perfekte mengsel van vasvat-melodieë en plattelandse lirieke wat die plaaskatte se heupe sal laat swaai.