ROOI VLAE OF KLEURBLIND?

Aidan se paaie het 2024 gekruis met die Afrikaanse musiekbedryf met “Paaie X” en is gereed om 2025 af te skop met ‘n nuwe enkelsnit, “Kleurblind”.
 
Die liedjie se inspirasie het gekom as gevolg van ‘n nuwe liefde in my lewe waar ek te verlief was om die rooi vlae te sien”, vertel Aidan.
“Kleurblind” is geskryf deur Aidan self en Stephan van Huyssteen. Hugo Ludik van Muse Studios het hierdie nuwe enkelsnit vervaardig.
Jy kan ‘n samesmelting van genres verwag waar Alt-Rock en Kamer-Pop ontmoet met Aidan se veelsydige stem oor ‘n beat wat selfs jou sokkie voete gaan wil laat jeuk.
Nou is Aidan gereed om jou lewe in te kleur, selfs al is dit nie die kleur wat jy verwag nie.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter