KOM DRINK IETSIE SAAM MET KAREL BESTER

Karel Bester maak groot opskudding in Stellenbosch waar hy gehore wegblaas met sy unieke stem en oorspronklike liedjies. Sommige aanhangers beskryf hom selfs as ‘n moderne Kris Kristofferson in Afrikaans. Jy sal hom gou herken met sy lang oranjerige hare, sonbrille en sy winter-mussie. Jy sal hom ook onthou as een van die stemme in die treffer-lied ‘Doef Doef’ (Synth Peter) onder die skuilnaam ‘Wortel Kombat’ wat in 2020 die lig gesien het.

Karel Bester kom navore met sy werklike passie en talent met ‘Sal Jy Saam My Kom Drink’. Die liedjie vertel die storie van Jan en Zirk. Twee student van verskillende agtergronde in die lewe wat nie om dieselfde vuur sit nie. Soos jy die liedjie verder luister, besef Jan en Zirk dat hulle eintlik baie ingemeen het en beste vriende word. Dit is hoe die liedjie ‘n unieke saamsing treffer word. Die liedjie druk sy stemple af in Stellenbosch wat sal begin oorloop in regoor Suid Afrika.

Packshot

SAL JY SAAM MY KOM DRINK

Karel Bester

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter