SPYKER-OP-DIE-KOP SOKKIEJOL RUK EN ROL

Posduif het weggestap met ’n SAMA vir beste Pop Album van die jaar 2022. Nie te versmaai vir ’n groep se debuutalbum nie!

Ek is verstom, want dit is ’n vervrissende gevoel om sokkie en pop-rock so soomloos te hoor saamsmelt. In mekaar in smelt! ‘Laatnag-sonop-koebaai’ is moeilik om te fout. Dit is stampvol welbekende truuks, maar op so manier aan mekaar gesit dat dit vernuwe in plaas van verveel. Dis nie stereotipies nie, dis argetipies.

Posduif het die kode gekraak. Hulle het die matriks ontsyfer. Hierdie is meestervakmanskip-in-werking. Daar is ’n moeiteloosheid wat getuig van ’n band wat mekaar op die verhoog vertrou. Sterkte om hierdie song en daardie sax-hook uit jou kop uit te kry.

PosduifMedia

LAATNAG-SONOP-KOEBAAI

POSDUIF

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter