SHAKIRA SE NUWE ENKELSNIT KOM SPOOK BY JOU!

Shakira het die musiekbedryf verras met haar eerste enkelsnit “Disco” en lekker opslae gemaak. Nou bederf Shakira ons met ‘n splinternuwe enkelsnit en dit gaan by jou “Spook” wat nou beskikbaar is. 
 
As ‘n jong meisie, gebeur dit nogals gereeld dat ek ‘n mooi ou iewers sien/ontmoet, en dan kan ek hom net nie uit my gedagtes uit kry nie. Mens kan rerig sê hy SPOOK by my… Dan is dit net die geval van of hy my gaan ghost of nie!”, vertel Shakira oor haar nuwe enkelsnit.
 
Soos die lirieke in die eerste vers sê: “ek dink jy sal my vir altyd haunt, in die huis in my kop, ek sien hoe jy nader kom en my hand vat, nooit gedink ‘n hart kan so vinnig klop”. Dis presies waaroor die nuwe liedjie gaan – reguit uit haar eie pen. Daardie liefde wat vir altyd by jou sal “Spook”.

Die musiekvideo waarin jy sal sien hoe “Spook” pret het saam met Shakira is ook nou beskikbaar!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter