Snotkop se pa het hom die naam gegee wat vir ons sinoniem geraak het met seksie, energieke Afrikaanse heupswaai-musiek. Lekker musiek met ritme. En as jy hom vra hoe lyk musiek-toekennings soos SAMAs, Ghoemas en Tempos sal hy vir jou ‘n klomp kan wys met Snotkop op gegrafeer. Sy musiek sit so lekker op ‘n mens se heupe soos wat sy keppie op sy kop sit. Dis hoekom hy honderde miljoene streams ook agter sy naam het. Daar is net een Snotkop. Awé.