Snotkop se kontroversiële nuwe treffer ‘Pokkenvoes‘ het behoorlik die nasie en die internet aan die praat, dans, saamsing, lag en kla.
Die liedjie het die nommer een posisie met ‘n windspoed getref op Apple Music 2 dae na vrystelling.
Met al die internet sensasie en geluister is dit duidelik dat hierdie lied behoorlik ‘n rekord-brekende-eerste naweek geniet het.
Die skreeusnaakse musiekvideo met ‘n fantastiese verskyning in die hoofrol deur Hammie Wessels het ook na vrystelling dadelik begin trend op YouTube met 110 000 views in twee dae. Alhoewel daar nie eenkeer ‘n vloekwoord in die liedjie gesing word nie, is daar tog ‘n paar mense wat voel dit is dalk te stout en gewaagd.
Duisende comments het begin instroom na vrystelling en die internet aan die brand gesteek.
Die woord “Pokkenvoes” is geskep deur Snotkop om jou beste-este en stoutste vriend te beskryf. Iets wat Afrikaanse mense tog te goed ken.
“Dis onskuldige pret met nie ‘n vloekwoord in sig nie. “En ja, jy’t ook heel moontlik al jou bestie ‘n pokkenvoes, maar steeds jou beste pel genoem” sê Snotkop.
Die lied gaan oor daai onbreekbare band tussen boesemvriende en ‘n band wat onbreekbaar is. Daar word nie doekies omgedraai nie en daar word gepraat soos wat mense praat om die braaivleis vuur.
“Dis real” sê Snotkop. “My paar close vriende beteken die wêreld vir my en hulle is almal Pokkenvoeste” lag Snotkop.
Of jy nou dink die song is te rof en of jy lanklaas so lekker gedans het op ‘n aansteeklike beat, met eg lirieke, wees maar verseker dat hierdie liedjie wyd en suid, hard en aanhoudend gespeel gaan word.