ALMAL SE GUNSTELING MOEILIKHEID-MAKER 'TWERK' IN INNUENDO BELAAIDE AFRIKAANS

Ons is amper terug na normaliteit. Maar daar is iets kort. Daar is nog ‘n leemte. Wel bottel jou emosies op en maak reg om jou leemte gevul te kry! Die lieflike boosdoener, Snotkop is terug om jou te inspireer om jou pretensies te laat vaar. ‘Tsek!’ blaas jou hare weg soos ‘n warm Honda V-tek se opgegradeerde subwoofer. Maak reg vir iets wat jy nie geweet het jy broodnodig het nie.

Ek sal my geld daar op sit dat die volgende sosiale media neiging gaan tweekleur khaki-boere wees wat twerk. Snotkop se loopbaan is ‘n unieke verhaal en hy het die gespesialiseerde vernuf om genres en kulture se konvensies te omseil. ‘Vat jou goed en tsek, Fereirra’ is ‘n low-key geniale refrein wat bydra tot die bevryding van die volk en jou boude laat skud terselfdertyd. Daar is nie ‘n ewenaar vir Snotties nie.

Hy is ‘n rare kombinasie van briljante entrepeneur, kletsrymer en energieke verhoog-domineerder. ‘Tsek!’ is geïngenieur vir ons hergevonde vryheid. Vryheid van spraak, smaak en deur-die-nag dans. As ‘n kampvegter vir partytjietyd vermaak Snotkop jonk en oud al vir meer as ‘n dekade met sy tong in die kies houding en monster-treffers. Dit is goed om die man terug op top vorm te sien aangesien baie kunstenaars krippeer het tydens die inperking periode.

Klink asof Snotties sy tyd gebruik het om te beplan aan wêreld-oorheersing. Kyk, ons swaai ons perskes en as jy dit nie like nie, ‘tsek!

Snotkop_Media

TSEK!

SNOTKOP

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter