OPMAAK-LIEFDE IS DIE BESTE MEDISYNE

Ons almal verstaan van wrywing met jou ander helfte. Dit is nooit pret nie en daar is ook nooit regtig ‘n wenner nie. Dit gebeur gewoonlik oor iets simpel wat ‘n paar rofies oopkrap en dan ontaard in iets onaangenaam. Teen die einde van so ‘n bakleisessie weet mens gewoonlik ook nie eers meer waaroor dit begin het nie en dan is albei dikbek en wonder wat nou verkeerd geloop het.

Daar is dan twee opsies: bly kwaad vir mekaar, of ‘n baie beter oplossing wat Kurt voorstel in sy splinternuwe enkelsnit – Opmaak-Liefde! As daar een ding is waarmee niemand kan stry nie is dit die vlam wat weer vat na mens jou verskille uit die weg geruim het. Party mense baklei sommer net om weer op te maak. 

oe ook al dit sy, Kurt het nou die een liedjie wat beter is as enige boek met raad vir verhoudings. Voeg hom nou by jou gunsteling of romantiese speellys en geniet die klanke van Opmaak-Liefde wat jou net goed sal laat voel.

Opmaak_media

OPMAAK-LIEFDE

Kurt Darren

Vir Meer Inligting:


[email protected]

VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA EN BLY OP HOOGTE

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter