TAYE DANS MET GEVAAR

Taye skop die jaar af met ‘n warm nuwe enkelsnit “Dans Met Gevaar” wat nou beskikbaar is. 
 
Jy wonder seker oor die titel? Taye het haar voet vir ‘n tweede keer gebreek toe sy van ‘n verhoog afgeval het gedurende ‘n vertoning. So ons kan amptelik bevestig dat Taye “Dans Met Gevaar”!
 
Hierdie liedjie is geskryf deur Emil Paul en vervaardig deur Hugo Ludik van Muse Studios – so jy kan maar gereed maak om te “Dans Met Gevaar”!
 
Ek love die song, want ek dink dit is ‘n bietjie anders as wat vroulike kunstenaars gewoonlik doen. Liedjies van die ou dae word oorgedoen, maar ek en Emil het besluit om ‘n boere-orkes-gevoel in die liedjie te sit met ‘n lekker beat”, vertel Taye. 

 

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter