Taye het die musiekbedryf getref met haar uitreikings “Nico 10” en “Dans Met Gevaar”. Maar, nou verras sy met ‘n splinternuwe klank met haar nuwe enkelsnit “Ek Dare Jou (Bly Net Lief Vir My)” en jy gaan beslis daarvan hou!
“Ek Dare Jou (Bly Net Lief Vir My)” gaan oor die moed en kwesbaarheid wat dit verg om in ‘n toegewyde verhouding te bly, selfs wanneer dinge moeilik raak. Dit is ‘n uitdaging aan jou maat om jou voluit en vurig lief te hê—al is alles nie perfek nie. Die lirieke beklemtoon passie, deursettingsvermoë en emosionele eerlikheid en vra die ander persoon om vrees eenkant toe te skuif, die onbekende te omhels en liefde keer op keer te kies. Dis ‘n opregte oproep om vir iets werklik te baklei, en om te glo dat die reis, hoe intens ook al, altyd die moeite werd is.
Die nuwe liedjie is geskryf deur Emil Paul en vervaardig deur Murray Lubbe. So jy kan maar reg maak vir ‘n powerful liedjie met mening.
Wie gaan jy dare om jou lief te hê?