GEHEUEVERLIES VIR DIE PRINS VAN POTCH

Na Eloff se eerste enkelsnit, ‘Johnny Blou’, weke spandeer het op die no.1 posisie is hy terug met nog ’n kampus dansvloer treffer. Eloff het ’n verstommende vaardigheid vir narratief. Sy liefde vir toneelspel dra verseker by tot sy liriese bekwaamheid. ‘Geheueverlies’ plaas jou klap en knal in die middel van die ekstra-kurrikulêre kant van studentelewe. Daai lang nagte, langer oggende daarna, en die partytjie georiënteerde deursettingsvermoë wat sprankelende jeug jou toedien.

‘Geheueverlies’ klop. Dit lees soos ’n montage en klink soos die bure gaan kla. Soos die huispartytjie as jou ouers weg is wat handuit ruk. Eloff vat die vakkel by die grootes voor hom en hardloop daarmee. Met sy Neo-Sokkie baadjie en dans skoene aan is hy hier om die nuwe klankbaan vir jou jeugdigheid te bied.

Release_Eloff

GEHEUEVERLIES

ELOFF

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter