Tuimeltrein, die energieke en dinamiese duo Marice de Jager en Christian Venter, het opslae gemaak met hulle vrystellings “Grondboontjiebotter” en “Dis ‘n Joke” – liedjies wat aanklank vind by jong mense en studente.
Nou mik hulle ook vir ‘n wyer gehoor met hulle nuwe enkelsnit “Jonk”. Ek meen, jy ken die gesegde “Ouderdom is net ‘n getal. Dis net ‘n state of mind”? Dit is presies waaroor hulle sing, om jonk te wees.
“Die liedjie gaan oor die wonder van jeug, die omhelsing van die onkunde van om nie te weet nie en die opwinding van ‘n sorgvrye lewe”, deel die duo.
“Jonk” is geskryf deur Marice de Jager en Stephan van Huyssteen en vervaardig deur Tertius Human.
Jy gaan wil dans, jy gaan dalk in ‘n Volla wil klim en ry in die onbekende in – dalk selfs ‘n nuwe lus vir die lewe kry terwyl jy vir ‘n oomblik vergeet van jou ouderdom!
So, bly jonk en luister dié nuwe enkelsnit wat nou beskikbaar is met ‘n musiekvideo!