NA AL HAAR HARDE WERK HET SY 'N NAWEEK NODIG

Sedert haar debuut-enkelsnit ‘Ek like hoe jy dans’ met Snotkop, is Ché besig om sterk te word as kunstenaar en nuwe opwindende dinge in die Afrikaanse mark te probeer.

Na al daardie harde werk kan jy egter redeneer dat sy ‘n naweek nodig het, soos ons almal doen na ‘n harde week. ‘Naweek Vibes’ is Ché se nuwe partytjie-treffer en is presies wat jy nodig het om jou week mee af te sluit en die naweek op die regte manier af te skop!

Met nog ‘n banger wat deur Dirk van Niekerk vervaardig is, kan jy seker wees dat hierdie snit jou sal laat trap en saamsing met die nuwe naweeklied vir 2022.

Che_Media

NAWEEK VIBES

CHÉ

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2021  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter