VAN ‘N INSPIRERENDE AKTIVIS KOM ‘N KLASSIEKE BOERE-POP-TREFFER OM JOU AGTERPLAASBRAAI OP TE SKOP. ‘KWAAITJIE’ IS ABSOLUUT KLASSIEK!

Hy het as kitaarspeler saam met Robbie Wessels getoer en ook in Robbie se flieks verskyn. Hy het homself as ʼn liedjieskrywer gevestig en liedjies geskryf vir kunstenaars soos Laurika Rauch. Prop is nie net ʼn musikant en professioneel gekwalifiseerde argitek nie, hy is ook betrokke by Helpende Hand se LIG Konsert en streef daarna om ʼn inspirasie te wees, ten spyte van die uitdagings wat die lewe met ʼn skeletale gestremdheid het.

Sy debuut-album is jare in wording en word vervaardig deur die bekroonde vervaardiger Murray Lubbe wat vir jou treffers gebring het soos ‘Nonna’, ‘Dina’, ‘Meisies Soos Jy’ en vele meer. Die eerste enkelsnit en musiekvideo van die album is ‘Kwaaitjie’. Dit is Roadhouse-jukskei materiaal. Dit het daardie kitaar boogie aan die gang met ʼn bietjie Country twang wat ʼn storie vertel. ‘Kwaaitjie’ is ʼn liefdeslied, ʼn snaakse een. Gepak met seksuele inuendos en ʼn begeerte na liefde van ʼn ongeïnteresseerde vryer, sal hierdie liedjie verseker daardie agterplaasbraai na die volgende vlak neem.

Gooi ʼn paar 4×4’s, meisies in daisy-dukes met bruin-blom bikini-toppies en ʼn vol koelboks en jy kry die idee. Dis Country vir ons land. Yippee-ki-yay, boet!.

PropMedia

KWAAITJIE

PROP

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter