VAN BAD-SING-SESSIES TOT NICO 10 – ONTMOET VIR TAYE!

Dit het alles begin met: “Ek sing elke dag in my bad totdat ‘n platemaatskappy my teken…”. Nou is Taye ‘n Select Musiek kunstenaar met haar eerste enkelsnit “Nico 10”!

“Nico 10” sinspeel op die woord nikotien en gaan oor ‘n ou wat ‘n slegte invloed op haar is, maar sy’s verlief…
Pop en alternatiewe klanke bring die liedjie bymekaar en gaan jou verslaaf maak aan die lirieke en Taye se ongelooflike stem.
 
“Nico 10” is deur Emil Paul geskryf (wat ook Demi-Lee se “Hart Breek” geskryf het) en vervaardig deur Muse Studios, so jy behoort niks minder as ‘n treffer te verwag nie.
 
Maak gereed vir “Nico 10” op 16 Augustus en gaan loer intussen waarmee Taye besig is op haar TikTok en Instagram profiel!

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter