VAN TIKTOK-KLANK TOT PLATEKONTRAK EN VOLLENGTE ENKELSNIT, BJARNE IS HIER!

Dit was net ‘n kwessie van tyd voordat ondergrondse-Afrikaanse-TikTok-ster, Bjarne ‘n groot platekontrak onderteken het. Dit is amptelik – Bjarne is nou ‘n Select Musiek-kunstenaar en sal sy hoogs verwagte enkelsnit ‘Sexy Selfies’ op 15 Julie 2022 laat vaar.

‘n Brokkie van die liedjie is op TikTok vrygestel en is nou een van die Afrikaanse klanke wat die vinnigste groei vanjaar. Ons beantwoord die oproep vir ‘n vollengte weergawe, gemeng en bemeester deur Snotkop se go-to-vervaardiger, Dirk van Niekerk. ‘Sexy Selfies’ sal jou wilder kant ontsluit en sal jou sokkies afblaas. Jy sal nie die reel, “Jou Sexy Selfies Maak My Mal” uit jou kop kan kry nie.

Bjarne_Media

SEXY SELFIES

BJARNE

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter