IRENE-LOUISE VAN WYK WIL WEET WAAR JY VANAAND GAAN DANS?

Irene-Louise van Wyk wat bekend is vir haar toptreffers soos ‘Tekkies Brand‘ en ‘Stout Vir…‘, om net ‘n paar te noem, is terug met nog ‘n opwindende snit wat dansvloere landwyd sal laat vlamvat.

Haar nuutste enkelsnit, “Waar gaan ons dans vanaand?” is ‘n polsende volkslied wat aanhangers van alle ouderdomme nooi om vanaf 24 November 2023 die vreugde van dans oral te vier waar hulle kan. Om ‘n swembad, op die tafels, op ‘n stofpad, in die badkamer, in ‘n winkel, maak nie saak waar nie.

Na die sukses van haar vorige treffers, gaan Irene-Louise voort om aanhangers te verras met haar unieke mengsel van dans- en saamsing-treffers. “Waar gaan ons dans vanaand?” beloof om nog ‘n crowd pleaser te wees, wat ‘n onweerstaanbare kombinasie van aansteeklike ritmes en onvergeetlike lirieke bied.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter