IRENE-LOUISE VAN WYK STEEK WEER DIE DANSVLOER AAN DIE BRAND MET HAAR NUUTSTE ENKELSNIT "STOUT VIR..."!
Irene-Louise van Wyk se nuutste enkelsnit “StoutVir…” is hier om almal aan die dans te kry.
Sy is bekend as ‘n kunstenaar wat passievol is om goeie tye te deel en mense van alle ouderdomme aan te moedig om in hul eie maniere saam te ontspan en fees te vier met geen verskonings nie. Irene-Louis het saam geskryf op die nuwe enkelsnit en haar unieke persoonlikheid skyn deur.
“StoutVir…” is vervaardig deur Dirk van Niekerk, wat ook agter Irene-Louise se #1-treffer “Tekkies Brand” is. Dit beskik oor ‘n sterk baslyn, boeiende ritme en onweerstaanbare ‘hook lines’. Irene-Louise se kragtige stem, gekombineer met hierdie goed-vervaardigde produksie, lewer ‘n nuwe trefferlied wat hard gespeel sal word by Afrikaanse partytjies – groot en klein.