VOLK-SOKKIE LIEFDESBRIEF AAN VADERLIKE WYSHEID

Almal is iemand se kind en om ‘n kind te wees is maar swaar. Jy is nuut in die wêreld. Jy weet nog niks. Dis hoekom as mens gelukkig genoeg is om ‘n Pa te hê jy na hom moet luister, want hy doen dit al ‘n bietjie langer as jy. Ha! As jy jonk is dink jy mos jou Pa verstaan nie. Tot jy self ‘n ouer word. Dan eers onthou jy wat jou Pa gesê het. En dat hy reg was! Kurt takel ‘n intieme saak hierso. Hy pypkan die manlike bravade van vaderlike verhoudings en gaan druk ‘n drie in jou emosionele zone. Dis die antipool van toksiese manlikheid. Op ‘n sokkie ritme met volkskitaar begeleiding gaan die lied heel waarskynlik ou wonde oop krap. Net om hulle uiteindelik te genees.

Kurt_Media

WAT MY PA SOU SÊ

KURT DARREN

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter