Wentzel het naam gemaak met “Wil Jy Bly” en “Juffrou Riekie Louw”. Nou is Wentzel gereed vir ‘n “Meisie wat kan vasdans”.
“Die liedjie gaan oor ‘n jongman wat sy litte wil los kry by ‘n danskraal-sokkie. ‘n Dame vang sy oog, maar sy is te skaam om saam met hom te dans”, vertel Wentzel.
Die liedjie is oorspronklik deur een van Wentzel se vriende, Richann Brüssow geskryf en met die hulp van Wentzel, Don Kelly en Adolf Vorster verder geskryf.