AAN SOOS BRAKPAN IS NIE NET 'N LIEDJIE NIE; DIT IS 'N UITNODIGING NA 'N PARTYTJIE WAT NOOIT OPHOU NIE!

Wikus Botma se nuwe sokkietreffer ‘Aan Soos Brakpan’ is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Wikus Botma, bekend vir sy aansteeklike energie, het sy musikale-troepe bymekaar geroep en ‘n vibe geskep wat jou beslis buitensporige pret op die dansvloer sal laat geniet.

Vervaardig deur Dirk van Niekerk wat ook verantwoordelik is vir Wikus Botma se vorige Goue Status enkelsnitte ‘Brannewynlippe’ & ‘My Nannas’. ‘Aan Soos Brakpan’ vang die hart van ‘n Afrikaanse jol vas. Wees gewaarsku: hierdie anthem gaan verder as Brakpan gehoor word – dit waarborg om heupe te laat skud en voete te laat jeuk van Kaapstad na Pretoria en verder.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter