MET BRANNEWYNLIPPE EN AL, PROE WIKUS BOTMA SOOS NOG!

Hierdie liedjie loop soos ’n stoomtrein met ’n vuurpyl bo-aan gesweis. Dit is ontwerp met die doel om dansvloere te verpletter. Dit begin met ’n gallop en bou en bou en laat nie op nie. Wikus Botma is geen vreemdeling nie.

Hy speel al akoestiese weergawes van pop liedjies sedert 2017 tot groot sukses op sosiale media platforms en ‘Proe Soos Nog’ is die opvolg enkelsnit van sy 2021 treffer ‘Brannewynlippe’. Met moderne pop vervaardiging wat hinker na die groot seunssanggroepe kikker Wikus ’n 80’s stadion rock nommer op tot in ’n meedoënlose Boerepop klapper.

Daar is so bietjie country invloede ook. Dis die temalied van ’n gechoreografeerde roadhouse kroeggeveg. Hy klink soos die goeie tye proe: Nog!

WikusPackshot

PROE SOOS NOG

WIKUS BOTMA

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter