WILMA VAN HEERDEN SE NUWE ENKELSNIT ‘MAKLIKE WISKUNDE’ FORMULEER DIE ENERGIEKE WISKUNDE VAN LIEFDE!

Na die sukses van haar debuuttreffer-enkelsnit ‘Sysoen’, is Wilma terug om wiskunde maklik te maak terwyl sy die magic van liefde verken.

“Ek wou ’n liedjie skep wat die essensie van jong liefde vasvang, en watter beter manier om dit te doen as met ‘Maklike Wiskunde’? Liefde is eenvoudig, net soos wiskunde, as jy die regte formule gebruik” – Wilma van Heerden.

Die melodie sal luisteraars se voete laat stamp, terwyl die liedjie se lirieke ‘n aansteeklike sjarme byvoeg wat lank sal voortduur nadat die musiek geëindig het. Die Muse Productions-span, wat vir jou die treffers ‘Witblits’, ‘Koue Kole’, ‘Johnnie Blou’, ‘Impulsief’ en ‘H2Oë’ gebring het, is ook die dryfveer agter ‘Maklike Wiskunde‘.

Wilma is vinnig besig om ‘n huishoudelike naam in die musiekbedryf te word. ‘MaklikeWiskunde‘ beloof om ‘n toptreffer te wees wat haar posisie as ‘n opkomende kunstenaar verder sal verstewig.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter