WILMA VAN HEERDEN DROOM VAN DIE PERFEKTE LIEFDE MET ‘KOEBAAI AAN MY HART’

Wilma van Heerden het in 2023 die musiekbedryf betree met ‘SySoen’ en ‘Maklike Wiskunde’ en het baie vinnig ‘n gunsteling geword onder jongmense.

Haar eerste enkelsnit ‘SySoen’ het vroeg in 2024 reeds Goue Status behaal. Nou droom Wilma met haar nuutste enkelsnit ‘Koebaai Aan My Hart’, wat oor die opgewondenheid van die perfekte liefde en ‘n nuwe verhouding. Muse Studios wat haar eerste twee enkelsnitte vervaardig het, het ook hierdie enkelsnit vervaardig.

‘Koebaai Aan My Hart’ word saam met ‘n musiekvideo vrygestel waarin Wilma twee rolle van ‘n fliek-romanse vertolk en droom van die perfekte verhouding wat meeste van die tyd net in movies gebeur, maar in haar geval word dit realiteit.

Maak gereed om weer opgewonde te word oor liefde met ‘Koebaai Aan My Hart.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter