Nederige Wilma is skaam en teruggetrokke in die alledaags, maar ondergaan ‘n metamorfose wanneer sy agter die mikrofoon staan. Ons eie indie Cinderella verander in ‘n vroulike vors wat ons ore betower met haar suikersoet stem en poëtiese skryf vernuf. Hou haar dop want sy gaan nog diep spore trap in jou hart en in die Afrikaanse musiekbedryf.