OPBEURENDE TEMALIED VAN SNOTKOP SE DOKUMENTÊRE FILM "SKRIK VIR NIKS"!

Snotkop se pad na roem is geteer met bloed, sweet en trane. Mense sien ‘n meteoriese rys, maar dit kos harde werk en ‘n dikvelligheid wat min kan waardeer. ‘Skrik vir Niks’ is ‘n oorlogskreet vir al die buitestanders. Almal wat nie in pas nie. Dis inspirerend en verenigend. Dit roep vir ‘n positiewe ingesteldheid in die gesig van teenstand. Dis ‘n pompende EDM nommer wat jou permissie gee om jou freak-vlag te wapper.

Snotkop herinner ons dis beter om eg te wees, om vir jouself te dink en om jouself te wees. En as jy nie hou van die storie wat vir jou geskryf is nie, skryf jou eie.

Vir Meer Inligting:

[email protected]

© 2022  SELECT MUSIEK | ‘N AFDELING VAN SONY MUSIC ENTERAINMENT (PTY) LTD. ALLE REGTE VOORBEHOU.

SiteFooter